Abrie het 'n kragtige getuienisbediening en met 'n uitsonderlike talent wat hy beslis nie onder 'n maatemmer verberg nie. Hy is gehoorsaam aan sy Roeping om deur musiek die Evangelie te versprei. Abrie wil graag met jou deel, die blye Nuus van Jesus Christus se verlossing en Sy wonderwerkende krag wat vandag net so aktief is soos altyd. Deur sy eie komposisies en treffende weergawes van bestaande getuienis-musiek, het hy 'n groter repertoire as die meeste ander kunstenaars. Maak 'n verskil aan hulle wat vir jou kosbaar is se lewens en nooi Abrie om jou gaskunstenaar te wees. Jy sal 'n groei in jou lewe ervaar wat so kragtig is dat jy ook net sal wil getuig! | Abrie het grootgeword en skool gegaan in Namibie in Otjiwarongo en Windhoek.
Hy het die graad B-Admin (Bedryfsielkunde) aan die Universiteit van Suid Afrika behaal.
Hy is tans woonagtig in Pretoria.
Hy is getroud en het twee seuns wat ook baie musikaal is. Sy eerste laserskyf getiteld "Kruispad" het in 2000 die lig gesien. Sy tweede laserskyf getiteld "Dink aan jou Skepper" het die volgende jaar die lig gesien wat veral ingestel was op die jeug. Hierdie laserskyf is ook deur die platemaatskappy Brettian aanvaar, maar kon a.g.v. 'n begrotingstekort nie op die rak verskyn nie, maar is baie gewild. Dit was 'n baie suksesvolle sangtoer met goeie blootstelling in kerke en winkelsentrums. Sy nuwe komposisies is: | Daarom wil ek sing Wees geseend in die Here Do not Fear Doelstelling: Die verkondiging van die evangelie d.m.v. sang en musiek en om Sy Naam te bely en te verheerlik op aarde.
| Maak seker jy bespreek vir Abrie of skaf minstens sy produksies aan. Dit beloof om 'n reuse verskil in jou lewe te maak.
| Doen navraag oor Abrie en sy optredes sowel as sy albums by navrae@vuurvlieg.co.za
| |
|---|