Die Academy Teater
'n Knus en intieme teater waar kuns tot sy reg kan kom. Hier voel kunstenaar en teaterganger dadelik tuis. 'n Gesellige veertig-sitplekuitleg met sagte stoele en versnapperinge en sjerrie op die tafel, verseker dat jou besoek aan Die Academy Teater 'n belewenis sal wees wat jou gaan bybly.
|
| Omdat die vloerplan en verhooguitleg aangepas kan word by jou presiese behoeftes, kan Die Academy teater in feitlik enige van jou behoeftes voorsien. Kom maak musiek, hou n modeparade, bied 'n drama aan. Net wat jy wil. Maak seker jy bespreek Die Academy Teater vir jou volgende funksie deur nou vir Bronwyn te skakel by 0828919879. Doen navraag by info@bronwyn.co.za
|
| |
<